Werwing en Seleksie van Personeel in Onafhanklike Skole

Waarom ’n studie met betrekking tot die werwing en seleksie van onderwysers?Om die beste moontlike onderwyser vir ’n spesifieke skool te werf en te selekteer, is nie ’n maklike taak nie, en gewoonlik is daar nie genoeg tyd om die beste en korrekte proses te volg nie. Onderrig moet ononderbroke plaas...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Breedt, Elizabeth
Format: Dissertation
Language:Afrikaans
Published: ProQuest Dissertations & Theses 01-01-2015
Subjects:
Online Access:Get full text
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Waarom ’n studie met betrekking tot die werwing en seleksie van onderwysers?Om die beste moontlike onderwyser vir ’n spesifieke skool te werf en te selekteer, is nie ’n maklike taak nie, en gewoonlik is daar nie genoeg tyd om die beste en korrekte proses te volg nie. Onderrig moet ononderbroke plaasvind, en elke dag sonder ’n onderwyser in die klas beteken verlore tyd en skoolwerk wat baie moeilik ingehaal kan word. ’n UNESCO-verslag (2010) dui aan dat die permanente verlies van onderwysers jaarliks toeneem en dat die proses om onderwysers te vervang, al moeiliker word. Vanaf 2004 tot 2005 was die omsetsyfer van onderwysers in die VSA onderskeidelik 13.5% in onafhanklike skole en 8.4% in departementele skole. Alhoewel inligting rakende die omsetsyfer in onafhanklike skole in Suid-Afrika nie beskikbaar is nie, kan daar verwag word dat ’n tendens soortgelyk aan die VSA moontlik is. ’n Moontlike verduideliking vir die bogenoemde statistieke kan wees dat die werwings- en seleksieproses misluk. Hierdie studie het derhalwe gepoog om die werwings- en aanstellingsproses by onafhanklike skole te ondersoek om vas te stel hoedanig hoofde die groter vryheid ten opsigte van die aanstelling van onderwysers gebruik om die beste personeel te werf.Die studie is gebaseer op ’n verkennende kwalitatiewe navorsingsontwerp waarin omvattende onderhoude met hoofde van onafhanklike skole gevoer is. Uit die onderhoude het dit geblyk dat hoofde persone aanstel wat bekend is aan iemand wat reeds in diens van die skool staan. Hoofde is baie huiwerig om persone van buite aan te stel en waag nie sommer ’n kans met ’n persoon wat nie bekend is aan iemand op die personeel nie. Tog is die hoofde baie gesteld op onderwys van goeie kwaliteit vir leerlinge en hulle poog om personeel so gou moontlik te vervang. Daarom word daar nie tyd spandeer aan lang prosedures wat gevolg word met die werwing, selektering en aanstelling van personeel nie.Hoofde van onafhanklike skole gebruik in ’n mate die vryheid tot hul beskikking met betrekking tot die werwing en selektering van onderwysers. Elke skool se unieke kultuur word so ver moontlik behou en dit het baie duidelik na vore gekom dat hoofde baie trots is op die uniekheid van hul skole en dat hulle dit so ver moontlik probeer behou.
ISBN:9798380987264